Okay, so this week I am a total and utter under-achiver when it comes to blogs and social media. But I think I have a valid excuse. Both lodges are 100% full, it is hectic here. And then on top of it all my leading ladies are either off, on leave, overseas or sick. So it is just me and of course, this was the week we chose to restructure quite a few things and on top of it started doing about 70 staff meals a day.

I was also invited to be the guest speaker at an event for the VLU ( if you are Afrikaaans you will know, if you are not, don’t bother, it is a long story and it started more than 100 years ago ) So they are doing a “Woman of today” series and I think the idea was that they would invite me to talk about how to pivot in life. Which we have done, absolutely not by choice but because we had to and thank God we did.

So, just for my organic SEO I am going to still post a blog, but it will just be my speech…..in Afrikaans. So I apologise to the other readers and promise that next week when we discuss “after sale service” we will speak English again….so here goes the VLU speech:

Baie dankie vir die voorreg dat ek vandag met julle kan kom praat.

Ek was verras toe julle my uitnooi want ek is nie ‘n lid nie en ek was in my lewe nog nie by een van die VLU se samekomste nie.

Ek het toe so bietjie gaan lees oor julle net om darem te sien dat julle nie ‘n “cult” is wat my gaan dwing om nou vir die res van my lewe perskes in te lê en F A Venter boeke te verkoop nie.

Ek lees toe hierdie oor die VLU se bestaan in 1931 “en daar was ‘n werklike behoefte aan sosiale diskoers. Die jare 1929-32, ‘n tyd van depressie, was die boer se vrou verplig om by te dra tot die gesinsinkomste en om huishoudelike produkte ten volle te benut.”

(by the way, ek moes “diskoers” ook Google )

Hoe meer ek gelees het, hoe meer het ek gevoel my storie is baie dieselfde as die VLU s’n.

Soos julle tydens die depressie van 1930’s saam gekom het sodat vrouens kon help met ekonomiese aspekte het dinge nogal so vir my ook begin, en elke keer as ek iets moes verander was dit agv ekonomiese en politieke redes.

Maar laat ek julle vertel van my agtergrond.

 Ek is ‘n paar km’s van hier af gebore in Randburg, die laat lammetjie van ‘n doodgewone, vanilla familie.

Pa wat vir ‘n bank sy hele lewe gewerk het, en sy gesin ongelooflik lief gehad het, ‘n wonderlike ma wat ‘n huisvrou was en ons klere self gemaak het en dan ‘n broer en suster.

In daai jare was dit amper van selfsprekend dat mens na skool gaan swot en dan daar jou man kry en dan trou en 2.1 kinders hê. En dit was ook my plan, ek sou op Potch maatskaplike werk gaan swot het en het gedink ek sou nou nogal ‘n oulike vrou vir ‘n dominee wees.

 Maar soos hulle in Engelse sê, “then life happened”. Ek het op die nippertjie besluit ek wil Israel toe en op ‘n kibutz gaan werk. Wat eintlik ‘n baie slegte plan was want hierdie bedorwe brokkie;

  • Kon nie engels praat nie
  • Kon nie ‘n bed opmaak nie
  • Kon nie ‘n eier kook. 
  • Was nog nooit oorsee nie, never mind alleen.
  • Daar was nie selfone of 360 nie, daar was nie eers faks masjiene nie!

Maar my baie dapper ouers het my toegelaat op die kondisie dat ek self vir my vlieg kaartjie betaal deur te spaar en ek het kliphard ge’waitress’ tot ek daai ELAL kaartjie kon koop.

En daar gaat ek toe, ‘n besondere dom blondine op haar eie met ‘n kop vol drome.

Ek het gewerk in Israel op ‘n paar plekke en toe op die Griekse eilande en later in Engeland en tussen in ge ‘back-pack” en toe terug gekom en nie maatskaplik gaan swot nie maar is Hotelskool toe.

Soos julle kan aflei het ek toe ook nie die dominee ontmoet nie, maar liewers net baie pada’s wat nooit prinse geword het nie, gesoen.

Ek was gelukkig en het ‘n wonderlike werk by IBM gekry in hulle “Catering and conferencing” department.

So hierdie was nou net na 1994 en dinge in die land het begin verander. My baas het na my toe gekom en gesê aangesien daar regstellende aksie in die maatskappy was sou ek nie gou ‘n promosie kon kry nie en redelik vining het my kollega Sam Motatse ‘n posisie gekry waar hy my baas was.

Sam was dierbaar, maar dom soos grond en was ook baie lief om hier net na middag ete te gaan slaap in sy kantoor.

Ek was nie lus om te werk sonder om die erkenning te kry nie, so toe besluit ek en een van die padda’s wat ek op daai tyd gesoen het om na Engeland toe te gaan en daar te werk.

 Maar die Here het my hier wou hê en ek kry ‘n geleentheid om ‘n gaste huis van “scratch” af te begin.

Dit was ook ‘n slegte idee,want;

  • Ek was jonk en impulsief
  • Het nog nooit ‘n besigheid bestuur nie
  • Het niks geweet van bou nie ( en bou het ons gebou en gebou en gebou! )
  • En het ook nie Sandton eintlik geken nie

So, met geen kennis of ervaring nie, het ek bedank by IBM en ‘n vyf slaapkamer gaste huis begin.

As ek toe geweet het wat ek nou weet, dink ek nie ek sou dit sommer weer doen nie want ek het regtig 24/7 gewerk vir maande (eintlik jare ).

Omdat die gastehuis in Sandton was het ons gedink ons gaste gaan korporatiewe mense wees. Maar vir die eerste jaar het ons amper uitsluitlik gaste gekry wat iets met die hospitaal te doen gehad het.

Ons heel eerste gaste was Amerikaaners wie se pa ‘n groot hartaanval op ‘n safari gehad het. Die hele familie het uitgevlieg en by my gebly en later die ou omie self ook.

Daarna was ‘n vrou uit Skotland wat by my gebly het want haar man het malaria gekry en in ICU gelê. Iemand se dogter is deur ‘n buffel deurboor en by my gebly.

En so het ek hierdie verrassende verhouding begin bou met die hospitaal en dokters en therapeute.

In daai jare het ek nie ‘n drywer gehad nie, so ek het self die gaste rondgery en gekook en die admin gedoen, trouens, oor die naweke het ek tot self die kamers skoon gemaak (nie baie goed nie, maar ek het darem probeer).

En so het die besigheid begin groei, ons het in ‘n paar maande van 5 na 18 kamers gegroei.

Toe begin ons besigheids mense ook kry en dit het bietjie vreemd geword as jy klomp outeers van PWC het wat in hulle pakke sit en eet en dan kom daar ‘n ou van Rwanda vol verbande aan gestrompel op ‘n kruk.

Ek het besluit ons moet liewers die hospitaal gaste en die korporatiewe gaste skei en koop toe ‘n huis oorkant die hospitaal wat ons  verander in ‘n 9 slaapkamer huis.

Gedurende daai tyd het ek toe uiteiendelik ‘n skotse pada gesoen wat ‘n prins word en ons het getrou, en ek het met die wonderlikste personeel die twee gaste huise bestuur en twee pragtige dogters gehad en in 2010 het ons verder uitgebrei en nog kamers aangebou.

Dinge in die hospitality industry het begin verander toe die OTA’s in kom, dis die online travel agents soos Booking.com  en Expedia.

Hulle het ‘n wonderlike ding gedoen en vir gaste die beheer gegee om pryse maklik te vergelyk, gaste kon seker maak dat die plek wat hulle bespreek ‘n ordentlike plek is deur na resensies te kyk en mens kon weet, as ‘n plek dit regkry om op die systeem te bly en Booking.com se be-bloody-laglike kommise the betaal behoort hulle darem iets werd te wees.

Maar, dit het ‘n prys oorlog tussen die gastehuise begin. Daar was baie bedrog en ons het al hoe minder verhoudings met ons gaste gehad.

Mense het net een of twee keer gekom en dan sonder om te blik of te bloos lakens gesteel, ‘n skelmpie gebring vir ‘n quickie of storm dronk geword.

Die tipe gas het verseker verander plus ons moes gereeld ons pryse laat sak om op die eerste bladsy van Booking.com se webwerfte bly.

Asof dit nie erg genoeg wat nie, het Airbnb toe gekom. Dit het beteken dat gaste skielik appels en pere begin vergelyk het.

‘n Hotel of gaste huis met baie ander onkostes as ‘n gewone huishouding moes kompeteer met ‘n tannie wie se kinders Universiteit toe is en ‘n lee kamer gehad het en kon sommer ‘n kamer teen ‘n appel en ‘n ui verkoop.

 En toe kom Covid, die arme ouens in die bedryf wat nie deur Booking.com en Airbnb gesneuwel het nie, kon eenvoudig net nie COVID oorleef nie.

Ek weet van niemand wat die “toeriste hulp” van die regering gekry het nie en ek wag nou nog dat die UIF ons TERS geld van duisende Rande moet betaal.

Dit was vreesaanjaend om met amper 40 kamers leeg te sit en nog boonop jouself dood te bekommer oor jou personeel.

Ek het gereeld na die hospitaal uit geryk en gesê hulle kan enige tyd ons kamers begin gebruik indien hulle te vol raak.

Ons het almal mos gedink dit gaan soos in Spanje en Italie wees waar die mense ooral in die strate lê en beswyk aan Corona.

Maar vir die eerste vier maande het niks gebeur nie. Hospitale was dol leeg, maar toe daai virus tref het hy goed getref. Een oggend het een van die Netcare HR bestuurders my kom sien. Sy’t my vertel dat baie van die Netcare personeel COVID het, baie siek is en moet isoleer.

Die hospitale wat Netcare vir hulle eie personeel gebruik het was reeds vol en hulle het onmiddelik beddens nodig gehad. Sy’t my gevra of ons sal bereid wees om hulle in te neem. Maar daar was “a few strings attached.”

Hulle kon net ‘n sekere bedrag per nag betaal, ons sou al die COVID PPE self moes aanskaf en ek en my personeel sou erg blootgestel wees en daar was toe nog nie ‘n inenting nie.

Die ander verassing was dat die eerste pasiente daai selfde dag sou arriveer. Ek het gelukkig nie tyd gehad om te veel te dink en te analiseer nie want anders sou ek dit nie gedoen het nie. Ek het binne ‘n paar ure my personeel moes terug kry, ons moes hasmat suits en maskers en handskoene en skerms en bottels en bottels ontsmettings middels kry.

Ek was oortuig dat die personeel nie sou wou werk onder hierdie omstandighede nie, maar almal behalwe een het terug gekom en ons het gewerk soos miere vir die volgende paar maande.

Dit was wonderlik om weer te werk maar wat my verbaas het is hoe goed ons dit gedoen het.

Na die covid golf het al die Netcare mense gepraat oor hoeveel beter die pasiente gedoen het onder ons sorg as die wat in die institute was.

Toe dit somer word het ons minder en minder pasiente gehad en die wereld het begin terug keer na normal toe, mense het begin terug gaan werk toe maar die hospitaliteits industrie het vir altyd verander, met Zoom en Teams het besigheids mense nie regtig meer gereis nie, begrotings het verander, en om eerlik te wees, wou ek nie terug gaan na die wereld voor Covid toe nie.

Op 21 September 2020 het ek en twee vriendinne gesels. Uit daai gesprek in Dulstroom het die idee begin om ‘n “sub-acute fasiliteit “ (soos in stepdown) te begin.

Ek het regtig geen idee gehad hoe ons dit sou doen nie, ek het net mooi niks geweet van ‘n sub-acute nie maar ek het geweet HOEKOM ek dit wou doen. As mens weet hoekom val die “wat” en “waar” en “hoe” in plek.

Ek het geweet in SA op die oomblik was daar nie plekke wat reg gekry het want ons tydens die golf reg gekry het nie.Ek het letterlik met honderde mense gepraat oor die volgende maande, idees gekry, probeer lisensies kry en gereeld in die lee gange van regerings gebroue gestaan.

Ons het met drie mans al ons kamers begin ontskep om rolstoel vriendelik te weesen tussen al die chaos het ek en my personeel by WITS hospice kursusse gedoen sodat ons kon begin met die mal idee.

 En toe vier maande na ons gesprek in Dulstroom het ons ons deure oopgemaak, en het wild weg gespring met 17 pasiente van die Nigeriese weermag.

Die ouens het op landmyne getrap, was in bom ontploffings en ‘n paar prisoners of war het ons baie besig gehou (die moeilikste pasient wat die meeste gekla het was die ou met aambeie).

Ons het gewerk en geleer maar wat ons meer en meer besef het was dat mense nie fancy titels en besondere fasiliteite en goeters nodig het nie. Al wat mens nodig het is om regtig om te gee en regtig hierdie werk te wil doen.

    Sunninghill Recovery het vining gegroei maar soos altyd as mens planne  maak, verras die Here jou met ‘n ander plan.

Een van ons eerste gaste was ‘n tipiese pasient, sy is bespreek as ‘n “post hip replacement” wat ons baie gereeld gedoen het. Maar niemand het ons gese sy is 98 nie en dat haar heup vervanging maande terug was nie. Toe sy uit die hospitaal ontslaan is was sy reguit na ‘n sub-akuut fasiliteit toe en het daar bedsere en allerhande ander goggas gekry.

Sonder dat ek ‘n idee gehad het, was sy ons eerste end-of-life pasient.

Sy het op ‘n Sondag oggend saggies weg geglip. Haar dogter het een kant van haar op ‘n groot bed gelee n haar klein dogter aan die ander kant. Na haar dood het ons almal met ‘n cappacino by die swembad gesit en gekyk hoe die son op kom.

Hierdie gebeurtnis het die fondasie gelê sodat ek na ons heel spesiaalste palliatiewe pasient kon kyk. My pa was vir 14 maande by ons, en sy laaste maande sou so anders gewees het as dit nie vir hierdie mense en infrastraktuur was nie. Ek sal vir altyd dankbaar wees vir die mooiste herinneringe van daai tyd en is innig dankbaar dat ons dit vir hom kon doen want hy was die dierbaarste man tot met sy laaste asem.

Na ons eerse sterfte het ons ook begin met palliatiewe en “end of life” sorg. Daar is so ‘n behoefte aan goeie palliatiewe sorg in ons land en die aanvraag so bitter groot. Ek voel geweldig sterk dat dit absoluut krimineel is om in ‘n ICU of hospitaal te sterf. Dis onmenslik, die trauma vir die familie is verskriklik en daar is geen deernis of waardigheid vir die pasient nie.

 Einde laas jaar, het ek en twee dokters saam besluit om Zazen respite care deel te maak van ons ander gaste huis. Ek wou al vir lank ons ander gaste huis ook verander na pasient sorg, maar het geweet ek het nie die emosionele kapasiteit om dit te doen nie, ook het ek nie die regte kliniese kennis gehad nie.

Dr Jodi het dit reg gekry om vir ons binne ‘n jap trap ‘n lisensie te kry en met dit betaal mediese fonds vir ons pasiente om met waardigheid te sterf of aan te sterk in ‘n mooi kamer, sagte omgewing en met die wete dat ons na hulle geliefdes sal kyk. Ons lisensie dek ook “respite care” so mense met terminale kwale kan hier by ons bly, dit gee hulle versorgers ‘n breek en hulle kry kans om te voel hulle is op vakansie.

Ons drie, Jodi, Jesne en ek werk goed saam. Ek is prakties, en baaaaaaaie ouer en weet wat om te doen as ‘n pyp bars of ‘n persooneel lid sê hulle is bang vir ‘n “ancestor” of ons moet met ‘n moeilike klient werk. Dr Jodi is akademies , slim soos die houtjie van die galg en weet presies hoe die mediese wêreld werk. En Dr Jesne is ‘n ongelooflike palliatiewe spesialis, sy verstaan die proses en maak dit menslik, sy dien op Palprac en is passievol wanneer dit kom by al haar pasiente. En natuurlik, het al drie van ons dieselfde sin vir humour, is baie lief vir brood en huil maklik.

Saam met ons werk Sr Lee is al van 1970 ‘n suster is, sy was my pa se suster aan die einde van sy lewe en sy bestuur ons versorgers soos ‘n dierbare maar kwaai matrone. Ons het haar so lief !

 So dit is ons storie, julle een lid, Cillie van Rooyen het gese ek moet ook vir julle ietsie leer, ek moet nie net hier staan en van myself praat nie. So ek gaan sê wat ek nie geweet het vier jaar terug nie.

  • Wat jy ook al doen, maak seker jy het mediese fonds.

Ons het onlangs ‘n man gehad wat van sy fiets afgeval het en sy elmboog beseer het. Hy kon nie 3km van die ongeluk na Sunninghill Hospitaal toe gegaan het nie, want hy het opgehou om mediese fonds te betaal tydens COVID.

Hy het opgeeinding in Tembisa hospitaal, en later Charlotte Maxeke toe.

Na 9 maande het hy soos ‘n Auswich victim by ons opgdeaag, hy het ‘n PEG feed gehad want hy kon nie meer sluk nie, colostomy bag want hulle moes sy kolon uithaal as gevolg van swak sorg, hy het ‘n kateter in gehad, kon nie loop nie, hy kon nie praat nie en was ongelooflik getraumatiseerd. Sy familie was emosionele wrakke.

Na minder as twee maande het hy huis toe gegaan. Hy kon loop, hy het weer geeet (en het hy geeet!!! ) en kon selfs weer piepie.

Ons doen regtig geen kliniese wonderwerke nie, maar ons is regtig lief vir ons pasiente.

  • Ander raad is, moet nie val nie. As jy oor 50 is, moennie op lere klim nie, Hoe ouer ons word hoe stadiger word ons beter en dinge loop so vining skeef as jy ‘n gewrig vervanging moet kry.

 

  • Maak seker jou mediese fonds het ‘n goeie palliatiewe plan. As jy op Discovery is, selfs ‘n hospitaal plan is jy okay. Alle fondse wat deur Discovery ge-administreer word is ook goed soos Bankmed.

Baie ander fondse bied geen out-patient sorg aan nie.

Die voordeel van ‘n outpatient plek is regtig ongelooflik, die familie het die voorreg om familie te wees, en nie versorgers nie, iemand maak seker dat die pasient se simptome wat aan die einde van ‘n siekte baie erg is en vining verander te beheer.

Jy kan steeds by jou familie of jou troeteldiere wees, maar het die gerusstelling dat jy goed versorg sal word, jou geliefdes hoef nie versorgers te bestuur nie en jy hoef nie heeltyd oor jou familie te bekommer nie.

Maak seker jy het GAP cover, dit is goedkoop en maak ‘n ongelooflike verskil.

  • Ek het ‘n vraag vir julle, hoekom sluit begrafnis ondernemers lykshuise?

 …………………Om die onkoloë uit te hou.  

 

Ek maak ‘n grappie, onkoloë is wonderlik maar ongelukkig hou baie van hulle aan om mense te behandel lank na dit regtig nie meer sin maak nie.

Ongelukkig word ons mediesie net geleer om mense te probeer beter maak en baie min van hulle is bereid om te leer dat daar ‘n stadium kom om op te hou.

Ons sien dit weekliks dat dokters aanhou om ou ooms en tannies vol chemo te tap en operasies doen en PEGs in te sit wat nie ‘n kans het om te help nie. So maak seker jou dokter en familie verstaan wat palliatiewe sorg is en onthou dat jou mediese keuses jou keuses bly.

  • Moennie weg skram van moeilike gesprekke nie. Moennie vir mense goed sê soos “Alles gebeur vir ‘n rede” en “Byt net vas, jy sal beter word” “Gebruik hierie salfie en dink positief”

 

Ons moet erken dat die lewe party keer onregverdig en swaer is. So wees dapper genoeg om die brutaal en die beeldskoon orals raak te sien.

  • Ek het ‘n QR code vir julle om te scan waar julle die boekie “Crossing the creek” kan lees as ook ‘n “advanced Brochure – kry jou goed in plek. Daar is ook ‘n QR code vir ‘n “advanced health directive” Die is so belangrik en sal hopelik sorg dat entoesiastiese medisie jou nie op ‘n ventilator sit as jy 98 is nie.

 

Ek wil afsluit met hierdie, “The place God calls you to is the place where your deep baldness and the world’s deep hunger meet “– Fredrick Buehcener.

 

Maar Andy Stanley sê baie mense dink jou doel is daar dit wat vir jou die meeste plesier gee. Maar hy sê ons vraag moet wees, wat breek my hart, en daar is jou doel.

 

Word deel van daai oplossing.

Ek is baie dankbaar dat ons elke dag die kans kry om mense to help om die meeste te maak van die tyd wat hulle het en om in ‘n verwarrende en moelike tyd, vol aaklige mediese besluite, ‘n plek van liefde, troos en vrede te kan wees. Dis mos wat almal op die ou end wil hê – dat iemand ons sien en die tyd vat om ons te verstaan en by te staan.